Grade



Grondslag en Intermediere Fase uitgawe nou beskikbaar!

NA BO



Wie ons is


Maths Illuminated is ‘n Suid-Afrikaanse onderneming wat ‘n alleenreglisensie vir die verspreiding van Whiteboardmaths.com aanbiedings in Suid-Afrika het. Whiteboardmaths.com se basis is in die VK en hul aanbiedings word al sedert 2004 dwarsoor die wêreld gebruik.

Whiteboardmaths.com is daar om die besige onderwyser van hoë kwaliteit “power point” wiskunde hulpbronne (vir gebruik met witborde en skootrekenaars) te voorsien.
Visueel aantreklike en stimulerende aanbiedings verhoog die onderrig- en leerervaring in die klaskamer beduidend. Die aanbiedings verminder ook die onderwyser se werkslading geweldig. Dit prikkel die leerders se belangstelling baie vinnig en help met motivering. Daarom maak dit die onderrig en leer baie meer genotvol.

‘n Span gekwalifiseerde, ervare Suid-Afrikaanse wiskunde-onderwysers het toepaslike “Whiteboardmaths power point”-aanbiedings gekies en ‘n pakket van aanbiedings saamgestel vir die eksklusiewe gebruik in die Suid-Afrikaanse klaskamer.

Hierdie Maths Illuminated-aanbieding is georganiseerd in grade, van graad 7 tot graad 12, volgends die KABV-vereistes. Alle aanbiedings is beskikbaar in Engels en Afrikaans. Dubbelmedium skole kan aanbiedings bestel in ‘n kombinasie van die twee tale; die skyfies is dan alternatief in Engels en Afrikaans.

As ‘n aanbieding of pakket aangekoop is, mag dit deur al die onderwysers van die skool se wiskunde departement gebruik word. Die aanbiedings is egter onder kopiereg en mag nie deur enige onderwyser wat nie aan die skool verbonde is nie, gebruik word nie.

Cart

Items in cart: 0
Total cost: R0
Hersien / Kontrolepunt


Kontak Ons
Naam: Skool: E-pos: